Borsbeen | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Dele van die borsbeen – die manubrium (groen), hoofdeel (blou) en ensiforme kraakbeen (pers). | ||
Die posisie van die borsbeen (rooi). | ||
Inligting | ||
Latyn | Sternum | |
Ligging | Bors | |
Werking | Bied vashegplek vir ribbes Help met asemhaling Beskerm organe soos die hart en longe | |
Eksterne bronne | ||
MeSH | D013249 | |
FMA | 7485 |
Die borsbeen of sternum is ’n lang platbeen in die middelste deel van die bors. Dit dien as vashegplek vir die ribbes deur middel van kraakbeen en vorm die voorkant van die ribbekas; dit help dus die hart, longe en groot bloedvate beskerm. Dit is rofweg in die vorm van ’n das en is een van die grootste en langste platbene in die menslike liggaam. Die drie dele daarvan is die manubrium, hoofdeel en ensiforme kraakbeen.[1] Die woord "sternum" kom van die Griekse στέρνον sternon, wat "bors" beteken.